Die Transvaal en Oranje Vrystaat, soos wat dit bekend was voor vervreemding, is die ZAR wat aan die Boervolk behoort, wat aan die Boervolk gegee is deur die Oordeel en Opdrag van die Skepper van Hemel en Aarde deur `n bindende Gelofte in 1838, en wat daarna herbevestig is. Hierdie kaart dui die landsgrense aan soos dit was teen 1899 toe die Boervolk reeds tot volle wasdom gekom het en die Staat van die ZAR internasionale erkenning geniet het.
Die grondgebied was verlate, vol wilde diere en geen teken van enige mense of ontwikkeling nie. Daarvolgens het die Voortrekkers die landsgrense van die ZAR bepaal.
Die Boervolk het sy grondgebied in twee oorloë vededig. Gedurende die Anglo-Boere Oorlog van 1899 tot 1902, het Engeland 35 000 Boere vroue en veral kinders vermoor om die Boere tot 'n vrede-skikking te dwing.
Die Boervolk staan Geloftesterk teen die stede van die wêreld wat die Klein Boervolk wil verswelg sodat sy grondgebied geen eienaar sou hê nie.