Klein Boervolk

Geroepe Volk:
“Klein Boervolk in dié breë land
wat hier geloftesterk jou stand
teen stede van die wêreld staan,
jy sal nie buk of ondergaan;
veel smart, veel sterwe en verdriet
het jou geroepenheid graniet
tot Ararat van Afrika,
Arkvesting wat Sy Volksdroom dra.
God is die Land waarop ons leun,
God is die Gestalte wat ons steun.
Klein Witvolk in dié woeste land
wat teen die nagswart Noorde wand;
ras wat met tentwaens van geloof
die kontinent se donker kloof;
ras wat die blanke erfenis
se laaste suiwer vesting is:
jy anker met jou Bloedrivier
die wortels van die Weste hier.
God is die Laer om ons heen,
God die Gestalte wat ons steun.
Klein Israel smadelik gebind
om vir die Farao’s strooi te vind,
nog na die bitter koorstrek Noord
te skoffel in die vreemde boord;
noudat die wêreld tweespalt word,
die grootbom see oor stede stort,
sal Vryheid van Sy Wolkkolom
wit oor jou wye vlaktes kom.
God is die hoop waarop ons leun,
God die Gestalte wat ons steun.”
G.A. Watermeyer
In Julie 1957 bring hierdie Skepper-boodskapper diè  boodskap aan die Boervolk.

Boervolk - Geloftevolk:

Die Boervolk

Die Suid-Afrikaanse inheemse blanke volk en ras wat Boers praat, wat integriteit het in al sy doen en late, kreatief is in elke opsig, 'n aardse verteenwoordiger is van die hemelse Skepper, wat wysheid en redelikheid openbaar, wat respek het vir lewe, wat lief is vir die natuur, en 'n voorstaander is van 'n gesonde gesinslewe.

Die Boervolk Gelofte van Bloedrivier

“Hier staan ons voor die heilige Skepper van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen dat as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag sal deurbring, en dat ons 'n huis tot Sy eer sal stig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.”

Aanloop

Ons geskiedenis vertel die omstandighede waaronder die gewetensbeswaarde Boer-mense weggevlug het na die verste moontlike punt op aarde - Suid-Afrika, om van die Christen geloof moorde en die vervreemding van die skeppingswette in Europa af weg te vlug - omdat die Boer `n Vryburger is. Daarna trek die Boere weer weg uit die Kaap, weg van die Britse onderdaan onderdrukking. Intussen het die kerk met sy sendelinge die Boere en die swart bevolkings by hul geloof en kerk-gaan betrek.
Met die wegtrek van die Boere uit die Kaap, het die kerk en sy sendelinge onmiddellik hul God
se karakter openbaar deur die kerklike Banvloek oor die Boere uit te spreek, en om die swart volke op te steek om die trekkende Boere aan te val en te vermoor. Met die insident waartydens Piet Retief en sy onderhandeling-geselskap deur Dingaan vermoor is, was `n groepering van Trekboere in Natal, afwagtend op die uitkoms van Retief se onderhandelings met die Zulu’s. Op 6 Februarie 1838 word Piet Retief en sy geselskap vermoor. Op die afwagtende Trekboere in Natal, word op die na-nagure van 17 Februarie 1838, 46 Boere-mans, 56 Boer-vroue en 186 Boer-kinders en 250 meelopers wreed deur Zulu’s vermoor. Tydens die daaropvolgende maande word nog vele Boere vermoor. Dit is direk deur die kerk se toedoen dat hierdie moorde op ons volk gepleeg is.
Danksy diè man wat nie deur die kerk se geloofsoortuigings beïnvloed is nie, is die hele Boervolk gered. Die man is Andries Pretorius.
Op 27 November 1838 vertrek Andries Pretorius en die Boere se strafkommando, wat later aan die Slag van Bloedrivier sou deelneem, in die rigting van Dingaanstad om teen die Zulu’s op te tree. Op 8 Desember 1838 oorreed Andries Pretorius die strafkommando-boere om die Skepper van Hemel en Aarde te vertrou, teenstrydig met Sarel Cilliers se Bybelgod. Daarom word by Wasbankspruit die Gelofte met die Skepper op 9 Desember 1838 bepaal en word dit daarna gereeld herhaal.
Op 15 Desember verneem die strafkommando dat `n 15 000 tot 20 000 sterk Zulu-mag in aantog is en word laer getrek op die oewer van Bloedrivier. Op 16 Desember 1838 vind die Slag van Bloedrivier plaas waartydens nie een Boer sterf nie teenoor die duisende Zulu’s wat sneuwel. Die wonderwerk wat hier teenoor die Boere openbaar is, bepaal die Skepper se hand oor die Boervolk met die Boervolk se bestaansreg en die grondgebied wat die Boervolk bepaal het en wat die Boervolk oor die volgende 60 jaar ontwikkel het tot en met 1899.
Die Boervolk het tot volle wasdom gekom.

Smadelik gebind

Met die uiteindelike terugkeer van die strafkommando, vertel die trekboere wat agtergebly het
om die laers te beskerm, dat dit hùlle was wat so hard gebid het tot die bybelgod en so die oorwinning bepaal het. En daar neem Sarel Cilliers tot vandag toe nog die kerk se aanbiddingsrol aan wat uitgebeeld word met Sarel Cilliers wat Bybel in die hand die Joodse Bybelgod aanroep en besmet dit elke Geloftedag met kerk doktrines. Hierdie ontkenning van die Skepper word deur 'n groepering van die Boervolk volhou en bind dit daardie deel van die volk vandag nog aan daardie Banvloek wat deur dieselfde kerk oor die Boervolk uitgespreek is en daarmee die Boervolk gevange hou en sy ondergang bevorder.

Skepper

Die Geroepe Klein Boervolk - deur die Skepper geroepe, deur Sieners gewaarsku en gelei, en deur Boodskappers opdragte gegee. Een so 'n Boodskapper is G.A. Watermeyer wat redelik onbekend is omdat die destydse Afrikaner-regering sy werke verban het. Hierdie boodskappe is verban omdat daar baie daarin steek: Opdragte, verwagtings en inligting!

Die Skepper is nie die Bybel se god of gode nie. Die smaad waarna hierdie Geroepe Volk boodskap verwys, is die jammerlikheid van die situasie, dat die Skepper die Boervolk as Sy volk bepaal het en telkens gered het, en dan draai en vereer die Boervolk die Bybel se vals gode.

Daarom erken "Die Klein Boervolk" dat die Skepper van Hemel en Aarde geen verbintenis het met die Joodse geskrifte, die Annunakie geskiedenis, die wêreld se kerke, of enige geloof nie.

Die Klein Boervolk praat nèt van die Skepper of Alvader (al Vader wat ons erken).

Die Rooms-Katolieke kerk het vele biblioteke oor die wêreld, waarvan die Alexandriese biblioteek slegs een was, op die grond laat afbrand sodat die aarde se geskiedenis en die mens se rol daarin, van hom weerhou word. Dit het die geleentheid geskep om 'n Nuwe Wêreld Orde teweeg te bring waarin die Wêreld se Staatshoof die mense kan manipuleer en beheer - 'n Bybel en die meegaande geloof of gelowe as die staat se regterhand.

Danksy honderde jare se opgrawings en ontdekkings van vorige menslike bestaan op aarde kon die legkaarte daarvan die inligting en die waarhede van die verlede openbaar. In kort bepaal hierdie inligting dat die Bybelse tekts doelbewus so verander is dat alle verwysings na Magtige kreature, 'God' word, dat Tuie wat deur die lug beweeg, 'Gees' word, dat die Israeliet-Jood die persoon 'Yahweh' verafgod, voed, in die buit van oorlog laat deel en 'n deel van die dogtertjies gee wat lewend teruggebring word nadat `n volk uitgewis is, maar so walglik dat die Israeliete hulself besny en hul eersgebore kind aan hierdie persoon offer.


Klein Boervolk kontak - inlig@kleinboervolk.co.za