Staatstruktuur:

Uitvoering

Die Staatsdiens word die Volkshuis genoem omdat alle burgers in die verantwoordelikhede en die uitvoering daarvan deel neem. Die behoud van dienste en orde word so ver moontlik onder oë gehou om te help waak teen daaglikse misdadigheid wat die volhouding daarvan vir almal belemmer.

Wette-stelsel

Die ZAR word deur die Skeppingswette gelei. Geen statutêre wette word erken nie. Geen gemene reg wette word erken nie.

Prioriteite

Uit die ernstige aard van misdaad in Suid-Afrika, geniet persoonlike veiligheid en sekuriteit die hoogste prioriteit. Elke burger moet homself en haarself bewapen en hul lewe en eindom in elke opsig beskerm en verdedig. Die volhouding van mense se primêre behoeftes geniet die daaropvolgende priotiteit. Die Boer as landbouer en voorsiener van kos, word daarom hoog geag.

Uitruil-waarde stelsel

Die ZAR het 'n unieke waardebepaling en regulering stelsel waarvolgens burgers dienste en goedere ruil. Die verantwoordelike wyse waarop hierdie stelsel toegepas word, verseker dat menslikheid baie hoog geag word. Dit sluit konsepte in soos dat elke mens moet kos hê om te eet. Dit bepaal weereens die belangrikheid van die Boer en landbouer wat deur die stelsel volle ondersteuning moet geniet sodat hy sy verpligtinge kan nakom. Daarmee saam word die veiligheid en sekuriteit van hierdie burgers baie ernstig opgeneem. Die stelsel sluit ook ander menslikheid konsepte in soos dat niemand sy woning of lewensmiddel kan verloor nie, nie deur die staat nie, nie deur 'n kontrak nie, nie deur skuld of enige ander rede nie.

Die Republiek van Duisend Jaar

WAT Israel was, sal my volk word,
sy lendene met God omgord...
Ons is gewond, maar oor die wond
vloei die gesalfde môrestond;
ons is gebuig, maar uit die smaad
vlam die gevlerkte daeraad.
Deernis-deurdrenk van weerloos ly,
deur smart tot wordingswil kasty,
puur uit ons pyn die roepingslig
waar wolkkolomme nasies rig...
Wat Israel was, sal my volk word,
sy lendene met God omgord.

IN republiek wat ons verklaar
anker Sy Droom van Duisend Jaar;
hier word Sy Raadsaal uitgebou
waar ons die Suide suiwer hou...
In Lig wat tot bewussyn kom
erf ons die rigterstaf van Hom,
word voorwaens in die Groter Trek
wat weer die Wysheid herontdek,
die binnelande van die gees
oopstel vir God-bewuste wees;
oor die seisoene en gety
die mens se vroeër mag verkry
toe Adem in gestalte was
en heel geloop het in die gras...
In republiek wat ons verklaar
anker Sy Droom van Duisend Jaar;
hier word Sy Raadsaal uitgebou
waar ons die Suide suiwer hou.

STYGWATERS van die diepsee stoot
die lewe opwaarts uit die dood;
bewussyn wat Atlantis is
kry hier sy hoogherrysenis...
Die groot getye van Gods groei
laat gisters tot gestalte bloei
in hierdie hede, hierdie nou
wat stede in die Suide bou.
Ons trap die stof van Afrika
om stofontstyg Sy Vlam te dra;
wysheid-ontvanklik weer die woord
terug te erwe tot die Poort
wat duisend donker eeue t’rug
verseël is met die watervlug...
Stygwaters van die diepsee stoot
die lewe opwaarts uit die dood;
bewussyn wat Atlantis is
kry hier sy hoogherrysenis.

 G.A. Watermeyer

___________________

Move LeftMove RightRemoveAdd Copy

Klein Boervolk kontak - inlig@kleinboervolk.co.za